Tuesday, August 24, 2010

Liedjies

Ek ry in my mooi motorkar!

Ek ry in my mooi motorkar en saam ry ook my pop,
En as ek by die rooilig kom, dan sê hy ek moet stop.
Stop sê die rooi lig,
ry sê die groen lig,
oppas sê die geel lig, oppas wat jy doen.

Groot geel teddy beer!

Ek is 'n groot geel teddy beer en almal hou van my.
My oë is bruin en my neus is swart,
'n mooier beer sal jy nerens kry.

6 comments:

  1. Ek is n eensame krokkodil
    Die mense kyk vir my en gril
    Ek soek maters hoog en laag
    Maar almal se ek vreet te graag

    ReplyDelete
  2. Een van die liedjies wat my BAIE pla, en wat tog so graag gesing is:
    Siembamba, mamma se kleintjie
    Siembamba, mamma se kleintjie
    Draai sy nek om, gooi hom in die sloot
    Trap op sy kop dan is hy dood.

    Het enige iemand 'n idee waar die liedjie sy ontstaan gehad het?

    ReplyDelete
    Replies
    1. bleikbaar so ver as wat ek uitgevind het, ontstaan dit as gevolg van al die kinders wat dood is in die anglo boere oorlog se konsentrasie kampe.... baie kinders is bleikbaar dood en in mas grafte begrawe.... ek is oop vir enige ander verduideliking maar my studies het my so gewys. baie van ons heel onskuldige 'nursery rhymes' soos 'ring-a-ring-a-rosies' wat oor the black plague gaan. skies die engels tussen die Afrikaans :)

      Delete
    2. Ek het weer uitgevind dat dit eintlik gaan oor n mamba die vrouens het dit vir hulle kinders geleer. Sodat as hulle in die veld loop dan sing hulle dit soos hier onder aan. Deur die jare het van die letter verlore geraak.

      Sien die mamba, mamma se kleintjie
      Sien die mamba, mamma se kleintjie
      Draai sy nek om, gooi hom in die sloot
      Trap op sy kop dan is hy dood.

      Delete
    3. Ek het altyd vir my baba gesing:

      Siembamba, mamma se kindjie
      Siembamba, mamma se kindjie
      Gee hom soentjies elke dag
      en 'n drukkie as hy lag...

      Delete
  3. sorry is gegrond in een of ander tragiese gebeure van ons verlede, my dear clementine, humpty dumpty, even jack and jill ...

    ReplyDelete